Glasiale tyd

’n Kunstenaarsvoorstelling van die laaste glasiale tyd op sy maksimum.[1]

’n Glasiale tyd of ystyd is ’n tyd (van duisende jare) in ’n ystydperk waarin kouer temperature en meer ysvorming voorkom. Interglasiale tye, daarenteen, is tye van warmer temperature tussen glasiale tye. Die laaste glasiale tyd het sowat 15 000 jaar gelede geëindig,[2] terwyl die huidige ystydperk steeds voortduur. Die Holoseen-epog is die huidige interglasiale tyd.

  1. Crowley, Thomas J. (1995). "Ice age terrestrial carbon changes revisited". Global Biogeochemical Cycles. 9 (3): 377–389. doi:10.1029/95GB01107. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2012. Besoek op 30 Mei 2015.
  2. J. Severinghaus, E. Brook (1999). "Abrupt Climate Change at the End of the Last Glacial Period Inferred from Trapped Air in Polar Ice". Science. 286 (5441): 930–4. doi:10.1126/science.286.5441.930. PMID 10542141.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search